Month: Mei 2018

Volhard Met Vrede

Alhoewel ek in my stryd met chroniese pyn op God vertrou, kan selfs die geringste terugslag soms voel soos ’n hewige vyandige aanval. Dan voel dit of ek kan hardloop en iewers gaan wegkruip. Maar aangesien ek nie my pyn kan ontsnap, my omstandighede kan verander, of my emosies kan ignoreer nie, leer ek om op God te vertrou om…

Die Land Wat Wyd Lê

Amy Carmichael (1867–1951) het bekendheid verwerf toe sy weesmeisies in Indië gered en gehelp het om ’n nuwe lewe te begin. Te midde van hierdie uitputtende werk, was daar tog tye wat sy “oomblikke van visie” genoem het. In haar boek ‘Gold By Moonlight’ het sy vertel hoedat hulle dikwels, te midde van ’n bedrywige dag, as’t ware ’n blik…

Geen Omdraaipunt Nie

Dit was as ’n daad van verraad beskou toe Romeinse Generaal Julius Caesar in 49 vC sy Dertiende Legioen oor die Rubiconrivier gelei het om Italië binne te val. Die impak van sy besluit was onherroeplik en het gelei tot jarelange burgeroorloë voordat Caesar die absolute leier geword het. Vandag nog is die uitdrukking “om die Rubicon te kruis” ’n…

Reageer Op God Se Leiding

In Augustus 2015 was ek besig met voorbereidings om ’n universiteit by te woon, toe ek skielik besef dat ek na my graduering moontlik nie na my ouerhuis sal terugkeer nie.

Ek was bang om my gemaksone te verlaat – soos Moses, toe God hom na die farao gestuur het “sodat jy My volk, die Israeliete, uit Egipte kan bevry”…

God Se Vingerafdruk

Lygon Stevens was lief om saam met haar broer, Nick, berg te klim. Hulle was ervare klimmers wat reeds Mt. McKinley (Denali), die hoogste bergspits in Noord Amerika, bereik het. Maar in Januarie 2008 was hulle deur ’n sneeustorting op ’n berg in Colorado oorval. Die twintigjarige Lygon het dit nie oorleef nie. Nick het later sy suster se dagboek…

Hou Vas Aan Die Beloftes

Toe hulle nog kinders was, het my vriend se broer sy suster oortuig dat ’n sambreel genoeg stygkrag het om haar op te hou as sy maar net “glo.” “In die geloof” spring sy toe van die skuur se dak af en val haar bewusteloos.

Wat God belowe het, dit sal Hy doen. Maar ons moet seker maak dat wanneer…

Bly Naby

Nadat ek my dogter by die skool afgesien het, kry ek die geleentheid om tydens my terugstap huis toe ’n paar bybelverse te memoriseer. Sou ek dan daardie paar minute gebruik om God se woord regtig te oordink, ondervind ek dikwels dat die bybelverse deur die loop van die dag weer by my opkom wanneer ek rustigheid en wysheid nodig…

Voor Die Begin

Tydens ’n Sondagskoolles oor die wonder van God se ewige natuur, word die vraag dikwels gevra: “As God geen begin of einde het nie en nog altyd daar was, wat het Hy gedoen voordat Hy ons geskep het? Hoe het Hy Sy tyd deurgebring?” My antwoord was altyd dat dit ietwat van ’n misterie is. Maar toe leer ek onlangs…

Veranderde Perspektief

My tuisdorp het die koudste winter in dertig jaar ondervind. Dit het ure se harde werk en baie seer spiere geverg om die sneeu om die huis weg te skep. Toe ek later moeg en moedeloos die huis instrompel, het ’n warm kaggelvuur, omring deur my kinders, my begroet. Vanuit die beskerming van my huis het ek na buite gekyk…

Verlangend Na God

Tydens ’n onlangse besoek van my dogter en eenjarige kleinseun, moes ek ’n paar aflewerings gaan doen. My kleinseun het skielik begin huil toe ek vir my eerste aflewering moes vertrek. Dit het tweekeer gebeur. Ek het elke keer omgedraai en dan vir ’n paar oomblikke aan hom aandag gegee. Met my derde aflewering het sy lip weer begin bewe…